Sunday 30 December 2012

iRead (nothing grey) 2012

"Verlede jaar het ek vir die eerste keer begin om 'n lys te maak van die boeke wat ek lees. Wow. 95. En baie het ek vergeet om in te sluit! Maar dit was lekker om terug te kyk oor die jaar en te sien watter temas/skryfstyle my getrek het! Ek hoop om hierdie jaar meer gedissiplineerd te wees en ek hoop om my vas te loop in goeie goeie goeie goeie (soos Reinhardt bid vir goeie drome) lékker boeke te lees. "

(Ek's al klaar bietjie slimmer, en maak van die begin af kategorieë):

Dit was my...uhm..gevleuelde woorde aan die begin van die jaar...Dissipline was by die deur uit.  Aandagspan ook.  Daarom 'n mengsel van ligte, kort boeke, met hier en daar iets dikkers/diepers, en bietjie nie-fiksie.  En weereens verskeie vergeet.

My bestes in pienk:

Afrikaans Fiksie

  1. Die verhaal van Johanna Brandt - Bep du Toit
  2. Wildvreemd - Carina Stander
  3. Geur van vergifnis - Alta Cloete
  4. Geur van vervulling- Alta Cloete
  5. Daar was 10 - Heinz Konsalik
  6. Een aand in Amsterdam - Ela Spence
  7. Eendag vir altyd - Marie-Louise Cronje
  8. Ons wag op die kaptein- Elsa Joubert
  9. Die Vrystaat is verniet - Helene de Kock
  10. Go'el Yisra'el - Marzanne le Roux-van der Boon
  11. Sabina's - Nadia de Kock
  12. Grensoorlogstories - Jeanette Ferreira
  13. Waar sy hoort - Marlie Cloete
  14. Klein land van die liefde - Margaret Bakkes
  15. Kondensmelk - Christien Neser
  16. Koshuiskoffie - Christien Neser
  17. Groen is die kleur van genade - Marlene le Roux
  18. Fado vir 'n vreemdeling - Margaret Bakkes
  19. Lentelied - Dirna Ackerman (2in1)
  20. 'n Nuwe Dag - Dorothy Fourie
  21. Haaitemmer - Wilreza Theron
  22. Uitgeboul deur liefde - Mari Roberts
  23. Satynprinses - Rykie Roux
  24. Soeter as heuning - Bets Smith
  25. Waar liefde le - Elsa Winckler
  26. Die soen - Bets Smith
  27. Niemand soos jy nie - Magdaleen Walters
  28. 'n Ster vir Stella - Malene Breytenbach
  29. Eendagmooi - Kristel Loots
  30. 'n Klein lewe - Wilna Adriaanse
  31. Die Wildedruif val - P H Nortjé
  32. Mense van my asem - Steve Hofmeyr
  33. Die Skrywer - Esta Steyn
  34. Niggie - Ingrid Winterbach
  35. Om Kobus te ken - Madelie Human
  36. Boheem - Chanette Paul
  37. Rots van liefde - Chanette Paul
  38. Vlerke van Goud - Chanette Paul
  39. Ons is nie almal so nie - Jeanne Goossen
  40. Jy's die een - Madelie Human
  41. Om Ben lief te hê - Madelie Human
  42. Alles of niks - Madelie Human
  43. Mieke rock uit - Jana du Plessis
  44. Seisoen van Genade - Alta Cloete
  45. 'n Huis vir Nadia - Dalene Matthee
  46. Want daar's skoenlappers - Elsa Winckler
  47. Die kinders van Sengeti - Elmar Steyn
  48. Voltooide Sirkel - Madelie Human
  49. Haar grootste geskenk - Marile Cloete
  50. Blou sjokolade - Christien Neser
  51. Eenoogkoning - Malene Breytenbach
  52. Aand die windkant - Annemi Coetser
  53. Jo & Sue - Chanette Paul
  54. Nan & Jeannie - Chanette Paul
  55. Lam in Wolfsklere - Bernette Bergenthuin
  56. Verskietende ster - Anna Penzhorn
  57. Wilde Lote - Jaybee Roux
  58. Philida - Andre Brink
Engels Fiksie
  1. Pillars of the earth - Ken Follett
  2. Lie down with Lions - Ken Follett
  3. Lone Wolf - Jodi Picoult
  4. Loving - Karen Kingsbury
  5. One Life. 6 Words. What's yours? - Smith Magazine
  6. Dynamite doctor or Christmas Dad? - Marion Lennox
  7. The Lucky One - Nicholas Sparks
  8. A rural affair - Catherine Elliott
  9. A Mango-shaped space - Wendy Mass
  10. The Hunger Games - Suzanne Collins
  11. Once in a lifetime - Cathy Kelly
  12. The Patchwork Marriage - Jane Green
  13. Baking Cakes in Kigali - Gaile Parkin
  14. Jewels of the Sun - Nora Roberts
  15. Spud-Exit, Pursued by a bear - John van de Ruit
  16. Bed of Roses - Nora Roberts
  17. Coming Home - Karen Kingsbury
  18. The Top Prisoner in C-Max - Wessel Ebersohn
  19. The best of me - Nicholas Sparks
  20. Savour the moment - Nora Roberts
  21. Happy ever after - Nora Roberts
  22. Vision in white- Nora Roberts
  23. The redemption of Sarah Cain - Beverly Lewis
  24. The Poisonwood Bible - Barbara Kingsolver

Nie-fiksie
  1. The book of regrets...thoughts, memories and revelations from a celebrated cast -Juliet Solomon
  2. Eugene Terre'Blanche - my storie - Amos van der Merwe.
  3. Troepie - van blougat tot bosoupa - Cameron Blake
  4. Die Anglo-Boereoorlog - Fransjohan Pretorius
  5. Wednesday is indigo-blue - Cytowic & Eagleman
  6. Armblankes - Edward-John Bottomley
  7. Taal is zecht maar echt mijn ding - Paulien Cornelisse
Hierdie het dit nie gemaak nie...
  1. The Alchemist - Paulo Coelho (was eintlik nog op die ongeleesde lys van laas jaar, maar ek het dit weggegee. Ek het net nooit lus gekry om te begin nie)
  2. John - Niall Williams
  3. Die poorte van Sion - Bodie Thoene
  4. Look at me - Jennifer Egan
  5. The idea of love - Louise Dean

Hierdie wil ek (nog) lees (en baaaaie is oorgedra van 2011...)!
(Oeps.  Uhm, dit lyk amper identies soos laasjaar...)
  1. Suid-Afrika 'n Toekomsperspektief
  2. A Christmas Carol - Charles Dickens
  3. How to study the Bible - John MacArthur
  4. Coconut - Kopano Matlwa
  5. A Journal for Jordan - Dana Canedy
  6. The 5 Love Languages - Gary Chapman
  7. How things are made - Rose & Schlager
  8. Black Diamond - Zakes Mda
  9. Mahala - Chris Barnard
  10. The man who loved the Zulus - J F Scutt
  11. Fascinating Womanhood - Helen Andelin
  12. Knowledge in the blood - Jonathan Jansen (amper klaar!)
  13. Star of the morning - Pamela Jooste
89 in totaal, as ek nou so vinnig kyk. 

Mmm, en baie was dun en vinnig.  Iets waaraan ek sal werk dié jaar. 

Maar dit was steeds lekker!


Oor die bestes:

Wildvreemd (Carina Stander) - Nie geskryf in die tipiese styl waarvan ek hou nie, maar hier kon ek aanhou.  Ek ken die omgewing, en alles word so mooi beskryf dat jy dit voor jou sien gebeur.  'n Interessante, boeiende verhaal.

Ons wag op die kaptein (Elsa Joubert) - Bietjie van 'n skande dat ek nou eers daarby uitkom?  Ook nie my gewone leesstof, en ek moes maar aanpraat om deur te sit, maar die slot, o, wat kon toe daar gebeur?  So baie om oor te dink.


'n Klein lewe (Wilna Adriaanse) - Wat 'n verrassende wending deur hierdie skrywer!  Dis 'n andante - boek, heeltemal anders as haar ander fiksie.  Weereens, omdat ek die omgewing ken, kon ek dit goed visualiseer. So 'n goeie verwoording van hoe 'n vrou die veranderende Suid-Afrika beleef het.   


Seisoen van Genade (Alta Cloete) - Ek het aanvanklik gesukkel met Alta se drie "Geur"-boeke, tot ek besef het die boeke is elk in die toonaard/persoonlikheid van die hoofkarakter geskryf.  Die  "Seisoen"-reeks wat met Genade begin is vir my 'n verdieping van die vorige. Misleidend, met die mooie voorblad, kan dit maklik aangesien word vir net nog 'n liefdesverhaal, maar daar word regtig hartsdinge aangespreek in hierdie boek.  Ek wag vir die volgende een.

Philida (Andre Brink) - Philida sal waarskynlik  op elke tweede Afrikaanse leser se lysie beland.  Ek sukkel met André Brink. " 'n Droë wit seisoen" is een van my top 10-boeke, maar die res kon my nog nie werklik roer nie.  Philida is weer 'n lekker-lees, omstrede nagevors met die beurs wat baie meen iemand anders moes kry. Ek sê "lekker-lees", want die gaan vinnig, maar dis eintlik 'n hartseer verhaal, uit die slawetyd van die ou Kaap.  O jete, die (Suid)-Afrikaner het baie om voor rekenskap te gee. Hierdie boek gee 'n beeld van hoe dinge daardie tyd gewerk het, wat jy eintlik nie wil sien nie, maar moet weet.


Die Folletts - "Pillars" het ek op aanbeveling van 'n lees-vriendin gelees; sy was reg, dis 'n grootse boek.  "Lions" was weer heeltemal anders, maar vir my net so interessant.  Ek sal weer 'n Follett in die oë kyk dié jaar, "Pillars" se opvolg lê reeds in die rak.


Lone Wolf (Jodi Picoult) - Ah, ek lief Jodi, daar is seker maar twee van haar boeke wat ek nie geniet het nie.  Sy klits jou altyd om op die tweedelaaste bladsy, en hier weer. 


A Mango-shaped space (Wendy Mass) - Uiteindelik kry ek hierdie boek in die hande, 'n standaardboek vir almal met sinestesia.  Dit kan ook gesien word as 'n jeugverhaal, maar vertel so mooi hoe sinestesia werk, uit die oogpunt van die jong meisie.  Die titel 'n lieflike metafoor :-)


Baking Cakes in Kigali (Gaile Parkin) - Hoekom het ek dit nou eers gelees?? 'n Lieflike boek, dit gaan lig, maar nie lighartig nie, oor soveel seer, en gee ook 'n prentjie van die mooi wat daar wel bestaan in 'n verskriklike land. 

The Top Prisoner in C-Max (Wessel Ebersohn) - Spanning is nie eintlik my genre nie, so hierdie was weer 'n buig van die grense, maar ek is bly ek het Ebersohn ontdek.  Ek kon nie vinnig genoeg omblaai nie!

The Poisonwood Bible (Barbara Kingsolver) - Ek kan niks meer sê wat nog nie oor hierdie boek gesê is nie.  'n Moet-lees vir elke westerling wat in Afrika woon, wil gaan woon, wil gaan werk, wil gaan mense "red".

Eugene Terre'Blanche - my storie (Amos van der Merwe) - Hierdie is iets wat jy met moeite begin lees, want ET was so 'n omstrede figuur.  Amos hanteer sy storie egter so goed en ten spyte van enige aversie wat jy mag voel vir die man en sy idees, is daar ook simpatie, want op die ou end was hy 'n eensame, ontnugterde man, met romatiese ideale wat hy nie kon realiseer nie. 

Taal is zecht maar echt mijn ding ( Paulien Cornelisse) - Pas ontdek op vakansie; 'n humoristiese kyk na Nederlandse taalgebruik en uitdrukkings.  Ek het by tye kliphard gelag  (dit vat baie om meer as 'n glimlag by my te kry) en het summier die opvolg hiervan gekoop voor ek uit Nederland is.

O, maar ek het byna almal geniet.  Chanette Paul se twee boeke oor die Calitze, Madelie Human en Elsa Winckler se romanses, die nuwer stemme van Bernette Bergenthuin en Jana du Plessis...daar's niks te kla oor Afrikaanse boeke nie!

My stapels staan reg vir 2013 - als wat oorgedra word al reeds uit 2011, 'n hoop nuwes wat deur 2012 aangekoop is, histeriese aankope nou op vakansie en lekker geskenke en leenboeke van my sisi. 

2 comments:

Julia said...

fantasties - dankie vir deel en moeite - was nou sowaar 'n lekker blog stuk ... ;)

Marie/Underground Crafter said...

Wow! You read so much in 2012 - thanks for sharing the list for inspiration.