Tuesday 3 January 2012

iRead 2011

Ek het aan die begin van 2011 besluit om vir 'n slag boek te hou van die boeke wat ek lees - ek lees so baie en soms te vinnig, en dan vergeet ek! En ek het gedink dit sal lekker wees om terug te kyk na wat ek deurgewerk het.  Daar het wel 'n maand of twee verbygegaan wat ek vergeet het om op te skryf...maar ek pleit my nuwe stokperdjie (hekel heeldag), nuwe skole (Gr 1 én pre-school), aanbouing ('n hele nuwe kombuis...en so vergeet mens maar....

I decided this year to try and keep track of the books that I read - I read a LOT, but too fast, and then I sometimes forget what I read! I missed a month or two, but managed to get most on this list.

Mmm...nege boeke wat dit nie gemaak het nie...ek hou regtig nie daarvan om 'n boek ongelees te los nie.  Vroeër sou ek spartel en stoei en deurdruk met wroeging, maar het net besluit die lewe is wraggies te kort.  Ek hou van lekker lees, lekker stories wat goed geskryf is teen 'n interessante agtergrond, en as mens nog iets kan leer daaruit, des te beter.  Daarom dat ek hou van boeke teen 'n geskiedkundige agtergrond (Irma Joubert, FA Venter, Jeanette Ferreira, Chanette Paul), goeie verhoudingsliteratuur (Helene de Kock, Sophia Kapp), goéie Christen-fiksie (Karen Kingsbury, Francine Rivers) (en jammer, daar's baie minder goeies daar buite), lekker chicklit, outobiografieë, reis/erveringsbeskryings (Riaan Manser, Dana Snyman).


BOEKE GELEES
  1. To save a life - Jim & Rachel Britts
  2. Like Dandelion Dust - Karen Kingsbury
  3. Die Kosmosland - Juanita Joubert
  4. My name is memory - Ann Brashares
  5. Beyond Tuesday Morning - Karen Kingsbury
  6. Supernanny - Jo Frost
  7. Pluimprinse - Malene Breytenbach
  8. Die dood van die God van my vaders - Nico Smith
  9. Second Chance - Jane Green
  10. Fair Game - Elizabeth White
  11. Izobel Brannigan.com - Christina Hopkinson
  12. One Tuesday Morning - Karen Kingsbury
  13. Tamara - Chanette Paul
  14. The Devil Wears Prada - Lauren Weisberger
  15. Every Now & Then - Karen Kingsbury
  16. With love, from me...to me. A letter to my sixteen year-old self - Ed. Joseph Gallinao
  17. Remember me? - Sophie Kinsella
  18. Just beyond the clouds - Karen Kingsbury
  19. Things I want my daughters to know - Elizabeth Noble
  20. Gister is 'n ver land - Malene Breytenbach
  21. Leaving - Karen Kingsbury
  22. Sabbatsreis - Annelie Botes
  23. Die tuiskoms van Mina Afrika - Zuretha Roos
  24. Charlotta - Jeanette Ferreira
  25. Volkslewe van die Afrikaner - Pieter W Grobbelaar
  26. The Wedding Officer - Anthony Capella
  27. The land of painted caves - Jean Auel
  28. Droomdelwers - Esta Steyn  (oeps, hier het ek vir 'n week of drie vergeet van my lys...)
  29. Die Oorwinnaar van Nooitgedacht - L Penning
  30. Waiting for Morning - Karen Kingsbury
  31. Iemand vir 'n scoop? - Marida Fitzpatrick
  32. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom - Marita van der Vyver
  33. Seerowers, kameelkoppe & chillies vir tee - Ilze Salzwedel
  34. Sjokoladesoene - Kristel Loots
  35. Klawervier - Annelie Botes
  36. Waar die hart is - Sophia Kapp
  37. Learning - Karen Kingsbury (en hier's ook weer 'n groooot gaping)
  38. Annabel - Chanette Paul
  39. Willemien - Chanette Paul
  40. Vlug in die Namib - Henno Martin
  41. Sonbesie - Morné Malan
  42. Dokter sonder grense - Malene Breytenbach
  43. Bloedgrond - Malene Breytenbach
  44. Shalom beteken vrede - Carl Steyn
  45. Young Blood - Sifiso Mzobe
  46. Lemoenseisoen - Kristel Loots
  47. Boy in the world - Niall Williams
  48. My Secret a PostSecret Book - Frank Warren
  49. The Help - Kathryn Stockett
  50. Home Truths - Freya North
  51. Die Uitgespoeldes - Dalene Mathee
  52. The Girl with the Dragon Tattoo - Stieg Larsson
  53. Shades of Blue - Karen Kingsbury
  54. The Racist's guide to the people of South Africa - Simon Kilpatrick
  55. Die ooreenkoms - Sophia Kapp
  56. Energy - MJ Schutte
  57. Kronkelpad - Irma Joubert
  58. Thanks for the memories - Cecila Ahern
  59. Suurlemoen! - Jaco Jacobs
  60. One Day- David Nicholls
  61. Lekkerlag Visstories - Pieter P du Plessis Taylor
  62. Die Hemelburgers - Helene de Kock
  63. The Saturday Big Tent Wedding Party - Alexander McCall Smith
  64. Tuiskoms - Irma Joubert
  65. A place called Freedom - Ken Follett
  66. Die blou uur - Christine le Roux
  67. Verbeelde werklikheid - Eleanor Baker
  68. Huis van die wind - Sophia Kapp
  69. Langverlof - Annemari Coetzer
  70. Bitterwater/Soetdoring omnibus - Margaret Bakkes
  71. Mijnheer Galant - Elmar Steyn
  72. Die vlug van Francois du Buis - Elmar Steyn
  73. Rain Song - Alice Wisler
  74. A place called here - Cecilia Ahern
  75. Around Madagascar on my kayak - Riaan Manser
  76. Strangers on the 16:02 - Priya Basil
  77. In the middle of nowhere - Tony Underwood
  78. Hans du Plessis - Die pad na Skuilhoek
  79. Sing you home - Jodi Picoult
  80. The Love Verb - Jane Green
  81. Deborah - Chanette Paul
  82. Jonathan Livingston Seagull - Richard Bach
  83. Isabelle - Chanette Paul
  84. Vlerke vir 'n visvrou - Chanette Paul
  85. Die Lanternswaaier - SD Fourie
  86. Maryn - Chanette Paul
  87. Campbell's Kingdom - Hammond Innes
  88. Living without Liesl - Douwleen Bredenhann
  89. When the boys are away - Sarah Webb
  90. Longing - Karen Kingsbury
  91. Wildvreemd - Carina Stander
  92. Hiervandaan - Dana Snyman
  93. Haaitemmer - Wilreza Theron
  94. Vat 'n gap - Jana du Plessis
  95. Fleur - Chanette Paul
My boek van die jaar?

Sjoe, dalk 'n top 5 (oukei, 6)

  1. Die dood van die God van my vaders - Nico Smit.  Wat 'n eye-opener. Mens moet dit stadig lees en mooi nadink.
  2. Klawervier - Annelie Botes.  Maklik op my top 10 van alle tye.  'n sterk storie, so ekonomies geskryf, so baie wat jy tussen die woorde lees. 
  3. Young Blood - Sifiso Mzobe. Een van my eerstes van die jaar, 'n dubbele pryswenner reeds, en 'n sterk debuut deur hierdie skrywer.  Die het hierdie leser se oë oopgemaak vir die lewe van 'n township-tiener, motorkaper en hoe fyn die lyn tussen die twee is.  Op my lysie van verpligte leessstof in hierdie land.
  4. One Day - David Nicholls.  Dis dalk een van die hyped-up boeke en hyped-up flieks van die jaar, maar ek het dit regtig geniet.  Die karakters is min of meer my ouderdom en ek kon dus identifiseer met baie van die verwysings, dis goed uitgedink en het lekker gelees. 
  5. Around Madagascar on my kayak - Riaan Manser. Vir die absolute wilde avontuur waarop Riaan jou neem.  Ek dink hy is redelik kens om te doen wat hy doen en ek sal dieselfde nie eens op 'n groot boot met baie, sterk enjins aanpak nie.  maar dis ongelooflik om op papier te beleef!
  6. Huis van die wind - Sophia Kapp. Sy is een van my gunstelingskrywers, een van die waarvan ek die nuwe boek koop nog voor ek weet waaroor dit gaan en sonder om te dink of ek daarvan sal hou. Ek weet ek sal.  Hierdie verhaal, wat vooroordeel en rassisme binne 'n verhoudingsroman aanspreek, was 'n absolute gunsteling. 

BOEKE NIE KLAARGEMAAK

1. Dis koue kos, skat - Marita van der Vyver
2. Jaaringe: 12 Kortverhale - Henriette Grové
3. Woorde in die Wind - Kristel Loots
4. Kikoejoe - Etienne van Heerden
5. Naglig - Christa Jonker-Jordaan
6. Walking on dry land - Denis Kehoe
7. Onthou jy my - Elize Parker
8.  Brood vir my broer - Cor Nortjé
9.  Begeerte - Eben Venter

Ek wil nie baie hieroor sê nie.  Behalwe dat "pryswenner" in my oë nie noodwendig gelykstaan aan "goeie skrywer" nie. 

ONGELEESDE BOEKE IN MY RAK WAT GELEES MOET WORD (OF KLAARGEMAAK MOET WORD...) VOOR EK ENIGE NUWES MAG KOOP...
  1. Suid-Afrika 'n Toekomsperspektief
  2. The Alchemist - Paulo Coelho (WEGGEGEE)
  3. A Christmas Carol - Charles Dickens
  4. How to study the Bible - John MacArthur
  5. Coconut - Kopano Matlwa
  6. A Journal for Jordan - Dana Canedy
  7. The 5 Love Languages - Gary Chapman
  8. How things are made - Rose & Schlager
  9. Black Diamond - Zakes Mda
  10. Mahala - Chris Barnard
  11. The man who loved the Zulus - J F Scutt
  12. Fascinating Womanhood - Helen Andelin
  13. Knowledge in the blood - Jonathan Jansen (amper klaar!)
  14. Star of the morning - Pamela Jooste
Oi, ek het hopeloos gefaal met hierdie opskrif, sal weer met probeer hierdie jaar! Ek het net te besig geraak en gevind dat ek beter doen met ligter leesstof (meesal) wat ek vinniger kan deurwerk.  Ek gaan werk hieraan, verseker...

En dit was my boeke-jaar 2011!  Ek begin die nuwe jaar met Ken Follet se "Pillars of the Earth", 'n boekrakstut van 'n boek, maar gaan hom klaarkry.  En is ook besig met 'n lekker nuttelose-info bundel: "What I regret".

Lekker!

Kyk ook wat ons lees op Lekkerlees Boekrak, op Facebook.

4 comments:

Grateful4Crochet said...

what a great idea to document all you've read. I must try an do that, as I'm like you, I read so much I will sometimes forget what I've read, and it can be a couple of chapters in to a book before I realise that I've already read it!!

Anonymous said...

Wow! Jy is beslis `n geesdriftige leser. Ek het toevallig op jou blog afgekom en was natuurlik verheug om van my boeke op jou lys te kry.
Jammer 'Woorde in die wind' het dit nie ge'maak' nie. Dis `n bundel saamgestel uit `n aantal van my kortverhale wat voorheen in tydskrifte verskyn het.
Onthou jy my? staan ook teenoor my naam op jou nie-gemaak-nie-lys. Daardie een is nie een van myne nie, hoor. Ek dink amper dis Elize Parker se skryfwerk.
Lekker lees in die jaar wat voorlê en weet maar net ek is erg jaloers oor jou lang leeslys.
Bloot vir die interessantheid wonder ek waar jy jou leesstof vandaan kry. Biblioteek of skud jy die sak?
Dan hoop ek daar is genoeg boekrakke in jou huis.
Weet jy van die facebookblad Lekkerlees Boekrakker. Ek dink dis wat dit genoem word . . .
Waar lesers hul gedagtes deel.
Ek loer soms daar in en staan verstom oor die verskillende smake as dit by lees kom.
Self wens ek ek kry meer gelees, voordat die vaak my saans oorneem.
Lekker dag!
Kristel Loots

Unknown said...

Dit was nou interresant om jou lees-lys te sien. Mens leer so baie van mense deur te weet wat hulle lees. Daar is 'n paar op jou lys wat ek ook gelees het: Rian Manser, Alexander McCall Smith, Dana Snyman, Annelie Botes. Ek's bly om te sien jy lees ligte en swaar boeke. Ek is bietjie uit voeling uit met wat in die Afrikaanse boeke wereld aangaan - ek mis dit. Het jy al Deon Meyer gelees? Ek's ook nie mal oor Paul Coelho nie - ek sien jy het hom weggegee.
As jy van Afrika letterkunde hou probeer Chimamanda Ngozi Adichie. Sy is 'n Nigeriese skrywer. Ek's mal oor haar werk.
Hoe lees jy? Koop jy al die boeke, of kry by die bib, of lees op Kindle of so iets? Ek is outyds - ek koop alles. As ek daarvan hou dan bly dit op my rak, as ek nie daarvan hou nie gee ek dit vir die tweede-handse boekwinkel.
Lekker lees hierdie jaar!!

Stel said...

Ansie...as my man moet weet wat ek aan boeke bestee, jaag hy my werk toe!

Ek koop BAIE boeke, nuut en tweedehands, en lees by die bib. Kan nie dink dat ek gou 'n Kindle sal wil he nie. Hier staan al rakke en rakke vol, ons nuwe gastetoilet is nou al 'n mini-bibliotekie. EK gee baie weg ook, maar oooo die rakke bly vol.

Van Deon Meyer het ek sowaar nog net 2 of 3 gelees, wil nou die nuwe kry vir my sus en dit dan sommer self ook lees. Lyk my rillers, moord en bloed word nou baie gewild in Afrikaans, maar ek's nie te mal daaroor - As ek name nou reg onthou - Riana Mouton, Isa Konrad (? klink nou verkeerd). Kyk bietjie op Faceboek na die groep Lekkerlees Boekrak - die nuutstes word daar bespreek, daar is'n klompie skrywers en uitgewers ook op, en ek het daar 'n van klompie interessante boeke gehoor.
Sal bietjie uitkyk vir Adichie - dis nou 'n nuwe mark wat ek so begin begin bekyk.


Goed gaan!